Yaa Asantewaa

Yaa Asantewaa (c. 1840 – 17 Oktober 1921; uitgespreek /ˈjɑː ɑːsɑːn.teɪ.wə/) was die koninginmoeder van Ejisu in die Asjantiryk (wat deel van die hedendaagse Ghana is). Sy is aangestel deur haar broer Nana Akwasi Afrane Okpese, die Ejisuhene (heerser) van Ejisu. In 1900 het sy die Asjantirebellie, ook bekend as die Oorlog van die Goue Stoel of die Yaa Asantewaa-oorlog, teen Britse kolonialisme gelei.[1]

  1. Appiah, Kwame Anthony, and Henry Louis Gates, Jr. (eds), Africana: The Encyclopedia of the African and African American Experience, p. 276.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search